Hamilton, Nieu-Seeland

Hamilton
Kirikiriroa
'n Straat in die middel van Hamilton
'n Straat in die middel van Hamilton
Ligging
Kaart van Nieu-Seeland
Kaart van Nieu-Seeland
Kaart van Hamilton en sy omgewing
Kaart van Hamilton en sy omgewing
Basiese gegewens
Stigting: 1864
Stadstatus: 1945
Bevolking: 179 900[1] (Junie 2022)
Oppervlakte: 110,8 km²
Bevolkingsdigtheid: 1 459,2 inwoners/km²
Geografiese ligging: 37°47′S 175°17′O / 37.783°S 175.283°O / -37.783; 175.283
Tydsone: NSST (UTC+12)
Somertyd: UTC+13
Internet: www.hamilton.co.nz
Administratiewe verdeling
Staat: Nieu-Seeland
Administratiewe gewes: Waikato
Burgemeester: Paula Southgate

Hamilton (Māori: Kirikiriroa) is Nieu-Seeland se vierde grootste metropolitaanse gebied. Dit is in die Waikato-distrik (Noordeiland) omtrent een-en-'n-halfuur se ry suid van Auckland geleë. 'n Groep van 3 000 Suid-Afrikaners woon hier en het selfs hul eie kerk wat sterk staan.

Die Waikatorivier in Hamilton

Hamilton is 'n binnelandse stad op die Noordeiland van Nieu-Seeland. Dit is geleë aan die oewer van die Waikatorivier en is die mees bevolkte stad van die Waikato-streek. Met 'n territoriale bevolking van 179 900, is dit die land se vierde mees bevolkte stad. Hamilton is deel van die breër Hamilton Stedelike Gebied, wat ook die nabygeleë dorpe Ngāruawāhia, Te Awamutu en Cambridge insluit. Hamilton is in 2020 bekroon met die titel van die mooiste groot stad in Nieu-Seeland.[2]

Hamilton beslaan 'n oppervlak van 110,37 km2[3] en het 'n geskatte inwonertal van 179 900 in Junie 2022 gehad.

Die gebied wat nou deur die stad gedek word, was oorspronklik die terrein van verskeie Māori-dorpies, insluitend Kirikiriroa, waarvandaan die stad sy Māori-naam kry. Teen die tyd dat Engelse setlaars aangekom het, is die meeste van hierdie dorpies, wat langs die Waikatorivier geleë is, verlate gelaat as gevolg van die inval van Waikato en grondbeslaglegging deur die kroon.

Hamilton, wat aanvanklik 'n landboudienssentrum was, het nou 'n diverse ekonomie en is die derde vinnigsgroeiende stedelike gebied in Nieu-Seeland, na Pukekohe en Auckland.[4] Hamilton Gardens is die streek se gewildste toeriste-aantreklikheid. Onderwys en navorsing en ontwikkeling speel 'n belangrike rol in Hamilton se ekonomie, aangesien die stad die tuiste is van ongeveer 40 000 tersiêre studente en 1 000 PhD-gekwalifiseerde wetenskaplikes.[5]

  1. "Statistics New Zealand: Population Estimates". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2012. Besoek op 27 Julie 2011.
  2. "Hamilton and Whanganui tie for most beautiful city in New Zealand". Stuff (in Engels). 29 Oktober 2020. Besoek op 30 Oktober 2020.
  3. "ArcGIS Web Application". statsnz.maps.arcgis.com. Besoek op 22 Oktober 2022.
  4. "Subnational Population Estimates". Besoek op 23 Januarie 2011.
  5. "Hamilton's Economy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2011. Besoek op 23 Januarie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search